HOEKOM Jou Skool Akademie

Passievolle Onderwysers
Ons het talentvolle onderwysers wat toegewyd en passievol is oor wat hulle doen.
Dissipline
Ons Skool is gebaseer op ‘n dissipline stelsel wat opbouend en regverdig is
Ondersteuning
Ons ondersteun ons leerlinge en hul drome

 

 

Inklusiewe Onderwys

Strategieë tot optimale deelname van leerders met diverse opvoedkundige behoeftes word beplan. Ons streef na ń onderwysstelsel waar die kurrikulum aangepas, heroorweeg en herorganiseer word om voorsiening te maak vir individuele leerders. Derhalwe plaas ons nie meer as 10 leerders per klas nie.

Holistiese Benadering

Ons fokus op die uiteenlopende leerbehoeftes van leerders, die benadering wat AL die vaardighede en verskillende soorte kennis in aktiwiteite integreer en nie op elk afsonderlik fokus nie.

Perseptuele Ontwikkeling

Evaluering en remediëring van motoriese en perseptuele uitvalle, taalprobleme, lees/spel en wiskundige begrippe. Ondersteuningsprogramme word opgestel om leerders se spesifieke struikelblokke aan te spreek. Betrokke Terapeute word betrek by ons skool.

Sensoriese Ontwikkeling

Ons skool is geleë op ń plot waar leerders kan boomklim, swaai, in modder speel en die natuur baljaar. Ons speelterrein en apparaat fokus op die sensoriese ontwikkeling van die leerders.

Aanvullend Tot Jou Skool:

*Ons bied ook Jou-Tyd aan waar leerders ń emosionele band vorm en ń veilige, geborge uitlaatklep het.

*Ons bied weeklikse Terapeutiese Perdry klasse aan.

*Ons bied Beweging en Dans klasse aan.

Graad RR tot 12

 

Oor Jou Skool Akademie

Ons is toegewyd aan die opvoeding van ons kinders en om hulle te voorsien van die beste vir die toekoms. Ons is gefokus op klein klas onderrig wat beteken dat daar nooit meer as 10 leerders per klas sal wees nie. Kinders wat aandag afleibaar is (ADHD / ADD) of sukkel met leer probleme sal baie baat vind met klein klas onderrig.

 

Uniek aan ons

Jou Skool Akademie is n Afrikaanse Privaatskool wat onderrig in jou Moedertaal verrig . Ons spesialiseer in klein klas ondderrig en gee afsonderlike aandag aan ons leerders.

 

 

Kontak ons by: 071 656 6481 E-pos:    gerhard@jouskool.co.za of ben@jouskool.co.za Adres: 18 Witpensstekelstert Straat Raslouw